POLOKWANE – Oosskool se twee 7’s rugbyspanne het aan die PHS Blitz 7’s toernooi op 15 Oktober deelgeneem en die o/13A-span het ‘n derde plek behaal terwyl die o/12A-span met die eerste plek geëindig het.
Oosskool lewer tennissterre op
Die leerders het ook nie op die tennisbaan terug gestaan nie, en twee spanne, wat Mila Gerson en Jorné Benade insluit, gaan Oosskool by die Rising Star Nasionale finaal in Soweto op 22 tot 24 Oktober verteenwoordig. Dit volg die seuns en meisies tennisspanne se prestasies op 10 en 11 September, toe hulle aan die tennis provinsiale finale byeenkoms deelgeneem het.
Stings en Flames op die netbalbaan
PHS se netbalbane was ook deur die Osies gedomineer tydens die Fast 5 netbal toernooi wat op 15 en 16 Oktober plaasgevind het. Die o/12-Flames span het ‘n eerste plek los geslaan, en die o/13-span is trots op hulle tweede plek. Die o/12-Stings span het ook deelgeneem.
Osie hokkie spelers neem deel aan Limpopo Baobab hokkie toernooi
Oosskool se seuns en meisies hokkiespanne het ook op 16 Oktober aan die Limpopo Baobab hokkie toernooi by Curro Heuwelkruin deelgeneem, en beide spanne se spelers is as deel van die Capricorn streekspan gekies.