NewsSchools

Osies gaan vir goud buite skoolure

Ooskool presteer nie net agter die skoolbanke nie. As die laaste klok lui is die Osies besig met buitemuurse aktiwiteite waarin hulle keer op keer uithaal en wys.

POLOKWANE – Die AFSA Acrobatic Sport Championships het op 14 Oktober in Centurion plaas gevind, en Ooskool spog met vyf gimnaste wat deelgeneem het. Maricke Fourie, Lua O’Reilly, Lineke Minnaar, Mia O’Reilly en Rhuné Stander het almal medaljes huis toe gebring het.

Rhuné Stander behaal ‘n 10de plek in Level 6.
Lineke Minnaar behaal ‘n 12de plek in Level 4.
Maricke Fourie behaal ‘n agtste plek in Level 4.
Lua O’Reilly behaal ‘n 10de plek in Level 5.

Migael Moulder het op 9 Oktober deelgeneem aan die South African Air Rifle Association se SA Kampioenskappe in Klerksdorp. Hy het ‘n eerste plek in die o/12-lê posisie behaal met ‘n telling van 387 uit 400. Hy was ook aangewys as o/12-skut van die jaar en o/12-SA rekordhouer in luggeweer wat ‘n uitsonderlike prestasie is aangesien Migael nou eers o/11 is.

Migael Moulder behaal ‘n eerste plek in die o/12-lê posisie met ‘n telling van 387 uit 400. Hy word aangewys as o/12-skut van die jaar en o/12-SA rekordhouer in luggeweer.

Xander Deysel van Oosskool het Limpopo Gimnastiek in Pretoria by SA Gymastiek op 6 Oktober verteenwoordig. Hy het algeheel in die derde plek uit nege provinsies geëinding en ‘n goue medalje vir sy vloer-item gewen.

Xander Deysel behaal ‘n algehele derde plek uit nege provinsies en wen ‘n goue medalje vir sy vloer-item by die SA Gymastiek toernooi.

Gerhard en Katelyn Swan het van 6-9 Oktober aan die SA Stoei Federasie Kompetisie deelgeneem. Gerhard het ‘n goud in o/11-seuns vrystyl en brons vir Seuns Skole Presidente gekry. Katelyn het ‘n brons in o/15-dogters vrystyl en ‘n goud in Dogters Skole Presidente behaal. Albei het SA-Klere verwerf.

Gerhard Swan kry ‘n goud in o/11-seuns vrystyl en brons vir Seuns Skole Presidente. Katelyn Swan behaal ‘n brons in o/15-dogters vrystyl en ‘n goud in Dogters Skole Presidente.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button