Local NewsNews

Bure keer mans vas wat oor vrou se heining spring

Hierdie voorval het Dinsdag op die Ivydale-plotte plaasgevind.

POLOKWANE – Lede van die sektor 6 gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat in Ivydale werk, moes hulle dagpatrollies in die area staak nadat sekswerkers hulle in Julie begin aanrand het. Dié gevalle het glo na ‘n toename in misdaad gelei, wat tans ‘n gemiddeld van twee misdaadsgevalle per dag oplewer.

Vroue van die Ivydale GPF het tydens die dag gepatrolleer in ‘n poging om prostitusie hok te slaan en om opportunistiese kriminele met hulle teenwoordigheid af te skrik. Vorige verslae en video opnames wys hoe sekswerkers GPF-vroue fisies en verbaal aanval, en die patrollies was gevolglik gestop. “Op die oomblik is daar ten minste twee inbrake per week in die area, insluitend Uitbreidings 34 en 44. Die diewe steel meestal kabels of breek by huise in,” sê Ivydale GPF mediaskakelbeampte René Schoeman.

Sy verwys na ‘n geval wat Dinsdag voorgekom het waar drie mans deur inwoners vasgekeer was nadat hulle probeer het om by ‘n vrou op een van die plotte in te breek.

Polokwane Observer het met die vrou gepraat wie vertel het hoe twee mans onlangs oor haar heining gespring en aangedring het op haar geld en selfone.

“Ek was bang en het die eerste ding wat ek kon kry na hulle gegooi voordat ek begin skree het om hulp. Die een man het ‘n mes uitgehaal en die ander een het iets wat soos ‘n geweer gelyk het by hom gehad. Ek het gedink dat hulle my gaan doodmaak. Gelukkig het my bure gehoor hoe ek skree en die twee mans het vir hulle weggehardloop.” Die vrou se bure het die twee mans na gesit en hulle vasgekeer. Dieselfde vrou was laas week beroof op die pad wat na haar plot toe lei.

Westenburg stasiebevelvoerder Kol. Maimele Pilusa het die voorval bevestig en genoem dat beamptes op ‘n geval in Ivydale gereageer het, maar ‘n saak was nie oopgemaak nie.

“Die drie verdagtes het glo aan die kant van die pad saam met ‘n paar prostitute gesit. Hulle het besluit om te vlug toe die polisie hulle benader, sonder enige duidelike rede hiervoor,” sê Pilusa.

Hy voeg by dat twee van die mans in iemand se plot ingehardloop het waar hulle die vrou gekry het wie gegil het en só haar bure bewus gemaak het van die situasie. “Toe sy geskree het, het die bure die mans gevang en aangerand voordat die polisie opgedaag het. Op die stadium is geen saak oopgemaak nie.”

Pilusa het ook bevestig dat daar inbrake gerapporteer was in Ivydale, maar sê dat dit ‘algemeen in al die areas’ is.

Hy het bygevoeg dat daar onlangs meer gevalle van inbrake in Ivy Park aangemeld was, maar dat dit toegeskryf kan word aan die verskil van bevolkingsdigtheid.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button