Local NewsNews

Grobler-moord: Man eers weer voor in 2022

Die 32-jarige verdagte is in Augustus in Krugersdorp gearresteer.

POLOKWANE – Die moordsaak van die 80-jarige Jakkie Grobler sal volgende jaar hervat word.

Grobler is op 21 September verlede jaar vermoor nadat daar by haar huis in die Koraal Aftreeoord ingebreek is.

Polisiewoordvoerder Brig. Motlafela Mojapelo het, toe hy die moord die volgende dag bevestig het, gesê dat Grobler aangerand was voordat sy vermoor is. Haar selfoon en geld was ook ten tye van die voorval gesteel.

‘n Taakspan was bymekaar geroep en ‘n man was al voorheen in verband met die moord in hegtenis geneem. Dié is later vrygelaat omdat hy nie met die moord verbind kon word nie.

Polisie-ondersoeke het voortgeduur en ‘n 32-jarige man van die Oos-Kaap was op 18 Augustus in Krugersdorp gearresteer vir Grobler se moord.

Dié man het in Krugersdorp op ‘n afsonderlike klag van huisroof verskyn toe hy gearresteer was.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se Limpopo woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, het aan Review bevestig dat die saak op 1 Junie 2022 hervat sal word.

“Die beskuldigde gaan nou ondersoek word om te sien of hy geskik is om verhoor te word,” het sy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button