Man gearresteer wat reg in eie hande neem

Polisiewoordvoerder Brig. Motlafela Mojapelo sê die man het vermoedlik 'n seun (9) aangerand wie 'n vierjarige probeer verkrag het.

POLOKWANE – ‘n Man (21) staan tereg op ‘n aanklag van aanranding nadat hy vermoedelik ‘n negejarige seun met ‘n belt bygekom het.

Polisiewoordvoerder Brig. Motlafela Mojapelo het aan Review vertel die beweerde aanranding het op 30 September in Tshimbupfe Tshilindi plaasgevind.

“Die man het glo die seun daarvan beskuldig dat hy ‘n vierjarige meisie probeer verkrag het. Soos verneem het hy die seun na sy woning toe geneem en hom daar glo met ‘n belt aangerand. Die man het ook glo die kind in ‘n skottel vol koue water gesit,” verduidelik Mojapelo.

Hy sê die man was in hegtenis geneem.

“Die man het Maandag (4 Oktober) in die Vuwani Landdroshof op ‘n klag van aanranding verskyn. Sy saak is tot 19 Oktober vir verdere polisie ondersoek uitgestel en hy is op ‘n waarskuwing vrygelaat,” voeg Mojapelo by.

Hy noem die saak van ‘n poging tot verkragting steeds ondersoek word. For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button