NewsSchools

Eerstekeer stem vir dié tweeling

Rudie en Rochelle de Necker (18) het reeds van geboorte af baie dinge saam gedoen en vanjaar stem hulle ook albei vir die eerste keer.

POLOKWANE – Dié broer en suster se ouers is betrokke by een van die politieke partye waar hulle van vroeg af geleer het van die belangrikheid om jou kruisie te trek.

“Ek is baie opgewonde om te gaan stem. Ons het reeds verlede September toe die eerste takstigting in Polokwane plaasgevind het, deelgeraak van die spesifieke party. Ons het ook vroeër die jaar die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) besoek waar ons geregistreer het om te stem,” vertel Rudie.

Rochelle voel dit is belangrik vir jong mense om te gaan stem. “Die jeug is die toekoms van die land en hoe meer betrokke hulle nou raak, hoe beter vir die toekoms. Saam kan ons dalk die land beter maak.”

Behalwe vir die vooruitsig om vir die eerste keer te stem, is die tweeling ook reeds op ander vlakke by die party betrokke. “Sou dit gebeur dat een van die drie hooflede van die tak nie by ‘n vergadering kan wees nie, moet ons twee daar wees. Ons gaan dalk ook kan help by die stemlokale en ons het gehelp om die borde op die lamppale te sit,” sê Rudie.

Rochelle stel nie in politiek belang nie, maar vind sekere aspekte wel interessant. Rudie se belangstelling is egter groot: “Daar is hier en daar dinge wat ek nie verstaan nie, maar ek glo tog ek kan die party promoveer in my daaglikse werke.”

Rochelle glo ‘n mens kan nie iemand dwing om te stem nie, maar deur bewusmaking kan stemmers die regte besluit neem. Rudie sê die beste manier om ander te oortuig is om hulle bewus te maak op die goeie werke van die spesifieke party.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.25

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button