NewsSchools

[KYK] Pietie-matrieks gesels oor rekordeksamen

Gr.12-leerders van Hoërskool Pietersburg gesels met Review oor dié eksamen en deel ook wenke vir gr.11-leerders.

POLOKWANE – Die gr.12-rekordeksamen het vandag (24 Augustus) begin en Review het by leerders van Hoërskool Pietersburg gaan hoor hoe aanlynstudies hulle bevoordeel het.

Rianca Jansen van Vuuren: Om aanlyn te leer het my laat besef ek is verantwoordelik vir wat ek doen en niemand anders nie. As ek goeie uitslae wil behaal is dit my eie plig om te werk daarvoor.
Carina van Zyl-Smit: Met die wat ek aanlyn klas gekry het, het ek besef watter vakke regtig my gunsteling is. Ek het ook die belangrikheid van die inname van die regte vitamines geleer.
Jané Robberts: Die geleentheid om aanlyn klas te kry het my voorberei op die volwasse wêreld waar ek self verantwoordelik is vir my doen en late. Aanlynklasse het my ‘n klein insig tot die groter wêreld gegee.
Michelle Kayser: Om aanlynklasse te hê het my geleer hoe om op my eie te leer. Dit het my geleer om onafhanklik te kan werk.
Nicoleen van der Walt: Om aanlyn te werk is deel van ons toekoms. Aanlynklasse het vir my ‘n voorsmakie gegee van wat in die toekoms op my wag.
Monique van Sittert: Ek het meer vaardighede aangeleer met die wat ons meer van tegnologie gebruik gemaak het. Dit het my ook ‘n idee gegee van hoe dit by die universiteite werk.
Ziandi Korff: Aanlynklasse het my meer tyd gegee om aan die werk aandag te gee en dit was nie so gejaag soos dit soms in die klas is nie. Ek kon ook makliker opvang as ek agter raak.

Hulle is slaggereed vir die eksamen nadat hulle die verantwoordelik van selfstudie besef het.

Kyk hierdie TikTok video waar ander gr.12-leerders eksamenadvies aan gr.11-leerders gee:

@polokwanereview

Só leer mens vir die eksamen @chillioo1 #ReadReview #Rekord #eksamen

♬ original sound – plkreview – plkreview

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button