Editor's choiceLocal NewsNews

Helpende Hand wil Kerswense help vervul

HELPENDE Hand wil 30 000 Kerswense regoor die land bewaarheid as deel van 'n sosialemedia-veldtog om dankie te sê vir die 30 000 ondersteuners wat hulle agter die organisasie skaar.

MOKOPANE – HELPENDE Hand wil 30 000 Kerswense regoor die land bewaarheid as deel van ‘n sosialemedia-veldtog om dankie te sê vir die 30 000 ondersteuners wat hulle agter die organisasie skaar.

Die organisasie wat deel is van Solidariteit beoog om elke dag een Kerswens ter waarde van ‘n R1000 te vervul.

“By Helpende Hand is daar beslis baie vreugde oor die ondersteuning van soveel mense, vir die werk wat ons doen. Daarby saam beleef ons byna daagliks die vreugde wat 30 000 mense se geld, in die lewens van behoeftige mense bring.

“Ons wil graag aan ons onbaatsugtige ondersteuners teruggee deur aan hulle die reg te gee om mense te nomineer wie se Kerswense bewaarheid kan word,” sê Danie Brink, uitvoerende direkteur.

Enige Kerswens – van ‘n bejaarde wat baie graag vir die familie wil gaan kuier, maar nie ‘n vliegkaartjie kan bekostig nie, tot ‘n sopkombuis wat ‘n dringende behoefte aan nie bederfbare kosprodukte het, kan bewaarheid word.

Die publiek kan enige persoon of instansie nomineer wie se kerswens deur Helpende Hand bewaarheid kan word.

Nominasies kan slegs deur Helpende Hand se Facebook-blad gedoen word deur op die 30 Kerwense-skakel te druk.

Helpende Hand sal elke dag vir die volgende 30 dae ‘n wenner, wie se Kerwens bewaarheid sal word, op Facebook en Twitter aankondig.

Vir meer inligting rondtom die veldtog kan ‘n e-pos na diens@helpendehand.co.za gestuur word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button