Local NewsNews

[KYK] Gewapende rowers sak toe op staatsdepartement in Polokwane

Skootrekenaars ter waarde van R4 miljoen is gesteel.

Die polisie in Polokwane is opsoek na inligting wat hul kan help in die besigheidsroofsaak van die Limpopo Departement van Landelike Ontwikkeling.

Dié departement se gebou, op die hoek van Schoeman- en Jorrisonstraat, is glo in die vroeë oggendure van Dinsdag, 7 April, deur vier gewapende mans beroof.

Luidens ‘n verklaring van Polisiewoordvoerder, Brig Motlafela Mojapelo, het die mans die twee sekuriteitspersoneel aan diens oorrompel.

“Die twee veiligheidswagte is glo deur die verdagtes vasgebind en in een van die kamers in die gebou toegesluit. Die rowers het hierna na die kantore van die direkteur gegaan,” verduidelik Mojapelo.

Die verdagtes het glo met behulp van trollies, 185 skootrekenaars ter waarde van meer as R4 miljoen gesteel en later met ‘n donker bakkie van die toneel gevlug.

“Geen skote is gevuur nie. Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes of wat die mense en die voertuig in die onderstaande video’s kan identifiseer, word versoek om Sers Maphutha Ngoepe by 082 685 9507 of Kolonel Linkie Mathebula by 064 756 8218 te kontak. Daar kan ook van die Stopmisdaadlyn by 08600 10111 gebruik gemaak word,” sluit hy af. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button