Local NewsNewsUpdate

Meer inligting bekend oor Curriebeker-toer in Polokwane

Rugbyliefhebbers sal eersdaags die geleentheid hê om 'n kiekie te neem met een van die oudste rugby trofeë in die wêreld.

Die Vodacom Blou Bulle toer vanaf Dinsdag, 23 Maart tot Woensdag, 24 Maart in Limpopo saam met die Curriebeker, wat hulle onlangs vir die eerste keer sedert 2009 gewen het. 

Volgens die Bulle se President, Willem Strauss, sal hulle Woensdag in Polokwane wees.

Weens huidige Covid-19 protokolle vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers, sal geen spelers die toer mee maak nie.

Ondersteuners sal wel die geleentheid gebied word om, buiten vir die Curriebeker, ‘n foto saam met die Vodacom Super Rugby Unlocked en Suid Afrikaanse Rugby Unie o/21-bekers ‘n foto te neem.

Die foto-geleentheid in Polokwane sal by Noordelikes Rugbyklub gehou word tussen 14:00 en 15:00.

Streng Covid-19 maatreëls sal gevolg word om die veiligheid van personeel en ondersteuners te verseker. Almal is welkom om te deel in pret, maar tyd is beperk só maak seker dat jy eerste daar is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button