Local NewsNews

Polokwane vrou verdwyn spoorloos na besoek in Gauteng

Bianca Gerber (32) is laas op 28 Februarie gesien.

Die Polokwane polisie se soektog na die 32-jarige Bianca Gerber duur voort.

Luidens ‘n verklaring deur Polisie Woordvoerder, Konst Maphure Manamela word ‘n saak van ‘n vermiste persoon ondersoek.

Gerber, wat op die Doornbult-kleinhoewes buite Polokwane woon, is volgens Manamela laas op 28 Februarie gesien.

“Voorlopige ondersoeke van die polisie het aan die lig gebring dat sy by Fourways in Gauteng deur haar pa gesien is. Haar selfoon is sedertdien op stempos. Sy is 1,6m lank en het tydens haar verdwyning ‘n wit blommerok aangehad,” voeg Manamela by.

Die polisie se soektog na haar by vriende en familielede het geen vrugte afgewerp nie.

“Enigeen met inligting oor waar sy haarself mag bevind, word gevra om die ondersoekbeampte, AO Peter Mangakeng, by 082 728 9831 te kontak. Daar kan ook gebruik gemaak word van die die Stop Misdaadlyn by 08600 10111, hul naaste polisiekantoor of die MySAPSAPP te gebruik,” sluit Manamela af.

Related Articles

Back to top button