Sport

Die Curriebeker kom Polokwane toe!

Die Vodacom Blou Bulle sal eersdaags in Polokwane wees, saam met die Curriebeker. Lees meer hier:

Bloubul ondersteuners sal binnekort die geleentheid hê om die Curriebeker in lewende lywe te aanskou, wanneer die Bulle en die beker in Polokwane kom draai.

Deel van die Bulle, wat onlangs die beker vir die eerste keer sedert 2009 gewen het, se toer sluit ‘n besoek aan die stad in. Die Bloubulle se president, Willem Strauss, het die opwindende nuus met Observer gedeel.

“Dit is amptelik, ons kom Polokwane toe! Dit is vir ons bitter belangrik om ons groot ondersteuningsbasis in Limpopo die geleentheid te bied om saam met die beker ‘n foto kan neem. Hulle kon ongelukkig nie Loftus toe kom verlede seisoen nie en daarom het ons besluit om die beker na hulle toe te neem,” verduidelik hy.

Foto: Blou Bulle Maatskappy

Strauss sê hulle gaan in Tshwane toer van 15 tot 18 Maart.

“Ons sal dan tussen Bela-Bela en Lephalale wees op 23 Maart, voordat ons die toer in Polokwane afsluit op 24 Maart,” spesifiseer Strauss.

Streng Covid-19 maatreëls sal gevolg word om die veiligheid van spelers, personeel en ondersteuners te verseker, noem hy.

“Verdere inligting oor watter tye ons waar gaan wees, asook watter spelers die toer gaan bywoon, sal binnekort deurgegee word,” sluit hy af. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button