Local NewsNews

BREAKING NEWS – OPTOG!-konserte nou tuis te sien

Ten spyte van die landswye verbod op konserte kan aanhangers van plaaslike kunstenaars steeds vermaak in hul eie sitkamers geniet danksy die OPTOG!-inisiatief se E-konserte wat die volgende twee Sondae (5 en 12 April) aangebied word. Die konserte is vooraf opgeneem en kunstenaars soos Nataniël, Corlea Botha, Jannie Moolman, Amanda Strydom, Dewald Wasserfall, Joshua na …

Ten spyte van die landswye verbod op konserte kan aanhangers van plaaslike kunstenaars steeds vermaak in hul eie sitkamers geniet danksy die OPTOG!-inisiatief se E-konserte wat die volgende twee Sondae (5 en 12 April) aangebied word.
Die konserte is vooraf opgeneem en kunstenaars soos Nataniël, Corlea Botha, Jannie Moolman, Amanda Strydom, Dewald Wasserfall, Joshua na die Reën, Mathys Roets, Anna Davel, Ruhan du Toit, Kevin Leo, Robbie Wessels, Jak de Priester, Ricus Nel, Monique Steyn, Roan Ash tree op.
Die konserte word om 17:00 op die internet aangebied en kaartjies kos R50. Daar is ook ‘n opsie om ‘n bydrae te maak en instansies wat ‘n artikel 18A-belastingsertifikaat verlang, kan ook daarvoor aansoek doen met bespreking en op dié wyse kunstenaars ondersteun.
Die konserte sal na elke vertoning vir ‘n verdere week beskikbaar wees en kaartjies kan op OPTOG! se webblad www.optog.co.za gekoop word.
“Maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie, as jy internet het, hou ons vir jou konsert,” sê die organiseerders van OPTOG!.

Storie: Barry Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button