Local NewsNews

Coronatoets ‘n vreemde ervaring

Om ‘n bloedtoets te ondergaan beteken vir meeste mense ‘n vinnige naaldeprikkie in ‘n spreekkamer of by ‘n laboratorium maar te midde van die COVID-19-pandemie wat die wereld getref het, het bloedtrek nou ‘n vreemde ervaring geword. ‘n Vrou van die stad wat onlangs van ‘n besoek aan een van die geïdentifiseerde hoërisikolande teruggekeer het, …

Om ‘n bloedtoets te ondergaan beteken vir meeste mense ‘n vinnige naaldeprikkie in ‘n spreekkamer of by ‘n laboratorium maar te midde van die COVID-19-pandemie wat die wereld getref het, het bloedtrek nou ‘n vreemde ervaring geword.
‘n Vrou van die stad wat onlangs van ‘n besoek aan een van die geïdentifiseerde hoërisikolande teruggekeer het, het enkele dae na haar aankoms ligte sinusontstekingsimptome ervaar en haar huisdokter geskakel. Reëlings is dadelik getref en sy is aangesê om by ‘n laboratorium in die stad aan te meld en buite in haar motor te wag. “Buite die gebou het twee persone wat soos ruimtewesens aangetrek was my motor versigtig genader en beduie dat ek net my venster moet afdraai. Hulle het toe ‘n bloedmonster en ‘n mondsmeersel agter in my keel geneem en weer verdwyn,” vertel sy.
Volgens die vrou is sy voor die prosedure behoorlik ingelig en het haar dokter gevra dat ‘n vol bloedtelling as ‘n bykomende maatreël geneem word.
Sy raai enigeen wat vreemde simptome ervaar, aan om dadelik ‘n geneesheer te raadpleeg. “Moenie net daar opdaag nie, laat die dokter jou sê wat om te doen. Dit is beter om seker te maak,” meen sy.
Die vrou is binne 24 uur ingelig dat die toets negatief was.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button