Local NewsNews

Coronavirus – Pieties implementeer aksieplan

Hoërskool Pietersburg (PHS) het Maandag te midde van die Coronavirus pandemie ‘n aksieplan bekend gemaak om te verseker dat leerders se akademie gedurende die volgende vier weke wat die skool gesluit sal wees, nie verwaarloos word nie. In ‘n brief aan die ouers het skoolhoof Willie Schoeman gesê dat die skoolbestuur en die beheerliggaam Maandagoggend …

Hoërskool Pietersburg (PHS) het Maandag te midde van die Coronavirus pandemie ‘n aksieplan bekend gemaak om te verseker dat leerders se akademie gedurende die volgende vier weke wat die skool gesluit sal wees, nie verwaarloos word nie.
In ‘n brief aan die ouers het skoolhoof Willie Schoeman gesê dat die skoolbestuur en die beheerliggaam Maandagoggend dringend vergader het om die aksieplan te bespreek en in te stel.
Die plan is gefokus op die verspreiding van die virus, maar ook om te verseker dat leerders se huiswerk nie agterraak nie.
Die volgende is ingestel:
Die skool sou na verwagting gister (Woensdag) om 13:40 gesluit het.
Personeel gaan alle kommunikasiekanale soos WhatsApp, E-boeke en die skool se D6 Communicator gebruik om werk aan leerders deur te gee. Ouers moet daarop let dat daar sedert Maandag verskeie opdragte en take aan leerders gegee is en wat voltooi moet word. Schoeman het dit duidelik gemaak dat die skool se dissiplinestelsel steeds van toepassing sal wees vir werk wat nie voltooi word nie.
Graad 12-vakpersoneel sal gedurende die tyd beskikbaar wees vir kontaksessies. Hou die kommunikasiekanale dop vir meer inligting.
Alle sporttoere is afgestel. Organiseerders sal met ouers kommunikeer oor terugbetalings of om die toergeld dan eerder as skoolfonds aan te wend.
Organiseerders en afrigters van elke sportsoort sal met ouers en leerders in kontak wees oor oefeninge en ander aktiwiteite.
Die skool sal voorlopig weer op 14 April open.
Ten slotte het Schoeman gesê leerders se personeel en leerders se gesondheid bly egter die skool se eerste prioriteit en het ouers gemaan om nie leerders skool toe te stuur as hulle ongesteld of enige verkoue-simptome ervaar nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button