NewsSchools

Tommies gerat vir môre se Kaskarre

Dit is môre (Vrydag) weer tyd vir Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse kaskarresies en leerders, onderwysers en ouers is oudergewoonte gerat om van dié geleentheid ‘n groot sukses te maak. Die afgelope paar weke het die stad reeds leerders op straathoeke opgemerk waar hulle geld vir die resies insamel en selfs in restaurante …

Dit is môre (Vrydag) weer tyd vir Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se jaarlikse kaskarresies en leerders, onderwysers en ouers is oudergewoonte gerat om van dié geleentheid ‘n groot sukses te maak.
Die afgelope paar weke het die stad reeds leerders op straathoeke opgemerk waar hulle geld vir die resies insamel en selfs in restaurante het sommige kelner gespeel in ‘n poging om die geld te laat inrol.
More (Vrydag) se voorlopige program behels boeresport en ander aktiwiteite sowel as die opmaak van elke klas se kuipe vanaf 09:30 tot 12:00. Die kuipe, baniere en kaskar beoordeling vind van 12:30 af plaas en elke klas sal dan ook aan ‘n tydtoets deelneem op hul posisie tydens die wegspring te bepaal.
Om 13:40 is die skouronde met die skoot vir die offisiële wegspring wat om 14:00 sal klap. Die prysuitdeling word vir 17:45 beplan.
Belangstellendes word genooi om Tommies se grootste geldinsamelingsprojek te onder­steun.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button