Sport

Diamonds in Dust sluit jaar af in goeie gees

Die plaaslike perderyskool, Diamonds in Dust het verlede jaar op ‘n hoë noot afgesluit toe meer as 80 klublede en hul ouers hul jaareindfunksie in Desember bygewoon het. Volgens eienaar en afrigter, Maryke Mong, is die klub op 2 Februarie 2018 gestig en spog tans met 52 ruiters, 18 perde-eienaars en 17 ruiters wat aan …

Die plaaslike perderyskool, Diamonds in Dust het verlede jaar op ‘n hoë noot afgesluit toe meer as 80 klublede en hul ouers hul jaareindfunksie in Desember bygewoon het.
Volgens eienaar en afrigter, Maryke Mong, is die klub op 2 Februarie 2018 gestig en spog tans met 52 ruiters, 18 perde-eienaars en 17 ruiters wat aan vanjaar se kwalifiserende rondes gaan deelneem. Tydens die funksie het Mong aan elke ruiter ‘n geskenk oorhandig om hom of haar vir hul deelname en goeie gees gedurende die jaar te bedank.
“Ruiters het hard gewerk en getrou oefensessies bygewoon. Elkeen kan trots op homself wees en die groei van die klub is ‘n wonderlike voorreg en genade uit God se hand,” sê Mong.
Diamonds in Dust bied onder andere lesse en opleiding vir ervare ruiters en beginners van so jonk as vier jaar aan en bied ook die gewilde perdesport, Western Mounted Games aan.
Sy het al die borge vir hul bydrae gedurende die jaar bedank.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eienaar en afrigter van Diamonds in Dust, Maryke Mong met een van die ruiters, Lea Davel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button