NewsSchools

Kruinies vereer matrieks met trofeë

Curro Heuwelkruin se jaarlikse Matriektee is Vrydag by die skool gehou waartydens die graad 12-leerders vir hul uitsonderlike prestasies vereer is. Die hoofleiers, Daniel Erasmus en Thalia Pereira is vir hul diens aan die skool vereer. Op sportgebied is Zené de Waal as Netbalspeler van die Jaar aangewys terwyl ander sportsterre, Irene Hurter, Atleet van …

Curro Heuwelkruin se jaarlikse Matriektee is Vrydag by die skool gehou waartydens die graad 12-leerders vir hul uitsonderlike prestasies vereer is.
Die hoofleiers, Daniel Erasmus en Thalia Pereira is vir hul diens aan die skool vereer.
Op sportgebied is Zené de Waal as Netbalspeler van die Jaar aangewys terwyl ander sportsterre, Irene Hurter, Atleet van die Jaar, Daniel Erasmus, veelsydigste atleet en Kgosi Mashabane, Hokkiespeler van die Jaar met hul onderskeie toekenning weggestap het.
Roelof Neuhoff is aangewys as toppresteerder in drama en ontvang ook die Vuur en Vlam Kruiner-trofee. Verder ver­werf Frederick Fourie die trofee as toppresteer­der in musiek terwyl Divan Jacobsz as Dux-leerder aangewys word.
Daar is ook spesiale melding van sommige leerders gemaak. Javier Pena Gonzales is vereer nadat hy sy wiskunde persentasie met 20% van graad 11 tot graad 12 laat styg het.
Die Rektorsmedalje is aan Marike de Kock en Stephaans Breytenbach oorhandig. Die twee leerders is deel van Heuwelkruin se DNS omdat hulle sedert graad 1 trotse Kruinies is. Stefaans verwerf ook die Kruinies Guts-trofee vir die suksesvolle voltooiing van sy skoolloopbaan ten spyte van sy gebrekkige sig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Netbalspeler van die Jaar, Zené de Waal.
Irene Hurter met die trofee as Atleet van die Jaar.
Hoofleiers Thalia Pereira en Daniel Erasmus met die toekennings vir hul diens aan die skool.
Daniel Erasmus is die veelsydigste atleet.
Hokkiespeler van die Jaar, Kgosi Mashabane.
Roelof Neuhoff is die toppresteerder in drama en verwerf die Vuur en Vlam Kruiner-trofee.
Frederick Fourie is as toppresteerder in musiek aangewys.
Die Dux-leerder is Divan Jacobsz.

Related Articles

Back to top button