Wynand du Toit spreek oudsoldate toe by skuilgat

Lede van die Botha Skuilgat van Die Agbare Orde van die Staaldakke (Moths) het verlede Dinsdagaand gesellig om braaivleivure gekuier nadat voormalige krygsgevangene, Wynand du Toit hulle meer van sy wedervaringe vertel het. Du Toit, wat gedurende Mei 1985 tydens Operasie Argon in Angola ernstig verwond en krygsgevange geneem is en 837 dae in aanhouding …

Lede van die Botha Skuilgat van Die Agbare Orde van die Staaldakke (Moths) het verlede Dinsdagaand gesellig om braaivleivure gekuier nadat voormalige krygsgevangene, Wynand du Toit hulle meer van sy wedervaringe vertel het.
Du Toit, wat gedurende Mei 1985 tydens Operasie Argon in Angola ernstig verwond en krygsgevange geneem is en 837 dae in aanhouding gebly het tot sy opspraakwekkende vrylating in September 1987 as deel van die Brazzavilleprotokol, het vertel dat hy na sy gevangeneming byna in wanhoop verval het. “Dit was net ek, my gewete en my God en ek het besef dat ek roetine in my lewe moet kry anders gaan ek kop verloor.” Hy het toe volgens ‘n patroon begin lewe en ‘n rankplantjie wat buite die deur van sy sel tussen die beton uitgegroei het, met ‘n garingdraad opgelei, “Die plantjie het skielik lewe gekry en begin groei tot dit ‘n digte, sterk plant geword het. Ek het toe besef dat die lewe vol garingdrade is en dat daar altyd hoop is op ‘n nuwe begin, jy moet net die garingdrade raaksien,” het Du Toit vertel.
Hy het ook kopieë van sy boeke Judasbok, Josefskleed, S-98, Destiny, The Last Lost Grave, Pelindaba Protocol, Soldaat en Kaplyn te koop aangebied. Hy is tans besig met Kompas.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Bestuurslede van die Botha Skuilgat van Die Agbare Orde van die Staaldakke, Anton le Roux, Ben Vorster, André van Aswegen, Roelof Lourens en Des Mellett met Wynand du Toit, heel regs.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button