NG Oos se lentemark goed ondersteun op eerste dag

Groot bedrywigheid het Saterdag by die NG Kerk Pietersburg-Oos se weeklange lentemark wat tot aanstaande Saterdag duur geheers. Hierdie jaarlikse instelling se gewildheid word daaraan toegeskryf dat dit ‘n ideale geleentheid bied vir vroeë kersinkopies van items wat nie normaalweg by winkels beskikbaar is nie en kopers het hul verlustig in die uitstallings met geskenke, …

Groot bedrywigheid het Saterdag by die NG Kerk Pietersburg-Oos se weeklange lentemark wat tot aanstaande Saterdag duur geheers.
Hierdie jaarlikse instelling se gewildheid word daaraan toegeskryf dat dit ‘n ideale geleentheid bied vir vroeë kersinkopies van items wat nie normaalweg by winkels beskikbaar is nie en kopers het hul verlustig in die uitstallings met geskenke, tuisgebak, vars vleissnitte en ingemaakte lekkernye in die kerksaal en daarbuite.
‘n Verskeidenheid eet- en drinkgoed is by die teekamer aangebied en broodjies, pap en kaiings, kerrie-en-rys en pannekoek het byval gevind. Vir diegene wat vir iets meer substansieel kans gesien het, was daar ook lasagne, hoender schnitzels en quiche en ‘n keuse van wegneemdisse.
Volgens Johan Heyneke, een van die organiseerders, word daar elke aand gebraai en bied dit geleentheid vir besoe­kers om gesellig te verkeer.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Teresa Taylor met ‘n kopie van wyle Piet Bester se derde gedenkalbum wat sy by haar stalletjie te koop aanbied.
Merve Ay se tradisionele Turkse eetgoed is een van die trekpleisters by die lentemark.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button