Sport

Skuts vertoon vaardigheid tydens pistoolliga

Skuts van Pietersburg Skietklub, ‘n klub wat by Limpopo Praktiese Skiet Assosiasie geaffilieer is, het onlangs ‘n praktiese pistoolliga aangebied en plaaslike skuts het hul goed van hul taak gekwyt. Skuts het op agt bane met ‘n hoë moeilikheidsgraad meegeding en hul vernuf tot die uiterste getoets. Daar is in verskillende klasse en kategorieë meegeding. …

Skuts van Pietersburg Skietklub, ‘n klub wat by Limpopo Praktiese Skiet Assosiasie geaffilieer is, het onlangs ‘n praktiese pistoolliga aangebied en plaaslike skuts het hul goed van hul taak gekwyt.
Skuts het op agt bane met ‘n hoë moeilikheidsgraad meegeding en hul vernuf tot die uiterste getoets. Daar is in verskillende klasse en kategorieë meegeding.
Die algehele uitslae behels podiumplekke vir Dion du Bruyn, Tinus Botha en Gerrit Dokter in die klassiek-afdeling.
JM Myburgh, Geoff Goetsch en Dannhauser Muller was algehele wenners in die produksie-afdeling terwyl die produksie-optiese-afdeling deur Jurie Meyer gewen is met Marita Botha tweede en Christelle Stoop derde.
Die standaard-afdeling is deur Goetsch gewen met Dawie Oostuizen as naaswenner.
Philip Smit was die algehele wenner in die ope-afdeling met Du Bruyn in die tweede plek. Nathan Hoy is die algehele wenner in die Pistol Kaliber Carbine (PCC)-afdeling.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button