SAVF Pietersburg hou algemene jaarvergadering

Die SAVF Pietersburg het tydens die algemene jaarvergadering wat Dinsdag by die Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum in die stad gehou is ‘n nuwe diensbestuur vir die 2019/20 termyn verkies. Hantie van Staden is as voorsitter herkies met Ria Lubbe, Sophia de Swardt, Gloudine Smit, Beatrice Loots en Heila van den Berg as lede. Van Staden het in …

Die SAVF Pietersburg het tydens die algemene jaarvergadering wat Dinsdag by die Vergeet-My-Nie Behuisingsentrum in die stad gehou is ‘n nuwe diensbestuur vir die 2019/20 termyn verkies.
Hantie van Staden is as voorsitter herkies met Ria Lubbe, Sophia de Swardt, Gloudine Smit, Beatrice Loots en Heila van den Berg as lede.
Van Staden het in haar voorsittersverslag gesê dat die organisasie ‘n suksesvolle jaar agter die rug het. Verskeie fondsinsamelings­projekte is geloods en die maandelikse vetkoek en pannekoekverkope het ‘n wins van bykans R23 000 ingebring.
Van Staden het haar dank betuig teen­oor die stad se sakelui, inwoners en ander instansies wat die SAVF Pietersburg met hulp en bydraes ondersteun het en vermeld dat 26 vrywilligers vanjaar hul dienste aangebied het.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button