Afrikaanse Protestante Kerk se basaar goed ondersteun

‘n Koue front wat die stad oor die naweek getref het, het besoekers aan Saterdagoggend se kerkbasaar op die kerkterrein van die Afrikaanse Protestante Kerk in DieMeerstraat nie afgeskrik nie en hulle het rustig aangesit by ‘n heerlike ontbyt of later in die teetuin ontspan met koek en iets te drinke. ‘n Verskeidenheid stalletjies waar …

‘n Koue front wat die stad oor die naweek getref het, het besoekers aan Saterdagoggend se kerkbasaar op die kerkterrein van die Afrikaanse Protestante Kerk in DieMeerstraat nie afgeskrik nie en hulle het rustig aangesit by ‘n heerlike ontbyt of later in die teetuin ontspan met koek en iets te drinke.
‘n Verskeidenheid stalletjies waar onder andere vleis en vars groente, pannekoeke en natuurlik kerrie-en-rys verkoop is, is goed ondersteun en vir diegene wat dalk reeds kersgeskenke wou uitsoek, was daar ‘n wit olifanttafel en naaldwerkitems. Speletjies is vir die kinders aangebied.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Christine Pienaar staan reg met kerrie-en-rys.
Marie Claassen, Rienie Delport, Michelle Buitendag en Rentia Delport wys van die heerlike tuisgebak.

Related Articles

Back to top button