Local NewsNews

Stad se samaritaan, Luque Markgraaff sterf

‘n Filan­troop en ‘n engel op aarde. Dit is hoe Luque Markgraaff wat verlede Woensdag op 73-jarige ouderdom oorlede is, deur vriende en familie beskryf word. Markgraaff was bekend vir haar onbaatsugtige diens om weeskinders en bejaardes en gesinne sonder heenkome te huisves en te voed. Sy was vir baie jare betrokke by Myngenoegen Shelter …

‘n Filan­troop en ‘n engel op aarde. Dit is hoe Luque Markgraaff wat verlede Woensdag op 73-jarige ouderdom oorlede is, deur vriende en familie beskryf word.
Markgraaff was bekend vir haar onbaatsugtige diens om weeskinders en bejaardes en gesinne sonder heenkome te huisves en te voed.
Sy was vir baie jare betrokke by Myngenoegen Shelter en was ten tye van haar dood betrokke by die bestuur van Komarin Shelter buite die stad. Sy het ook diep spore in onder andere Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle getrap.
Volgens haar skoondogter, Marli is sy na ‘n siekbed van vier maande oorlede. Haar oudste seun, Henco, is 12 jaar gelede in ‘n motorongeluk dood en sy het destyds ‘n graf langs haar seun in Bronkhorstspruit gekoop waar sy Vrydag ter ruste gelê is.
Sy laat haar man, Mark, seun Dirk, dogters Madrithea en Marlene en nege kleinkinders en een agterkleinkind agter.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button