NewsSchools

Pieties blink uit tydens Blitzfees

Die jaarlikse Blitzfees wat deur Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied word het verlede Saterdag weer eens vir groot opwinding en adrenalien-gevulde sport gesorg. Gedurende die Blitzfees poog die skool om sewesrugby, fast 5-netbal en quick 6-hokkie te promoveer en lok groot belang­stelling van skole regoor die provinsie. Die fees word slegs vir o.15- en o.17-spanne in …

Die jaarlikse Blitzfees wat deur Hoërskool Pie­tersburg (PHS) aangebied word het verlede Saterdag weer eens vir groot opwinding en adrenalien-gevulde sport gesorg.
Gedurende die Blitzfees poog die skool om sewesrugby, fast 5-netbal en quick 6-hokkie te promoveer en lok groot belang­stelling van skole regoor die provinsie.
Die fees word slegs vir o.15- en o.17-spanne in al drie sportksoorte aangebied.
Op die netbalbaan het PHS se o.15- sowel as o.17-spanne met die louere weggestap. Mitchell House se o.17-span het ‘n silwer­me­dalje verwerf.
Die hokkiemeisies het ook nie op hulle laat wag nie en in beide ouderdomsgroe­pe koning gekraai terwyl die o.17-seuns ook die goue medalje om hul nekke kon hang.
Op die rugby­veld het dinge effens anders gelyk en was die geluk nie aan Pieties se kant nie. Beide rugbyspanne eindig algeheel negende in hul onderskeie ouder­domsgroepe.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Vernita Stoltz van PHS soek ‘n gaping na haar spanmaat.
Kruinies se Grant Steynberg, o.17, gee die bal vinnig uit.

Related Articles

Back to top button