NewsSchools
PHS-hokkiemeisies is Limpopo-kampioene
Die jaarlikse Champ of Champs-hokkiekampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, is op ‘n hoë noot afgesluit met Pieties se o.14-, o.16- en eerste meisiespanne wat as Limpopo-wenners uit die stryd getree het. Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, word die kompetisie jaarlikse onder die provinsie se meisiehokkiespanne gehou om die beste …
Die jaarlikse Champ of Champs-hokkiekampioenskappe wat Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied is, is op ‘n hoë noot afgesluit met Pieties se o.14-, o.16- en eerste meisiespanne wat as Limpopo-wenners uit die stryd getree het.
Volgens die skool se skakelbeampte, Elmari Craig, word die kompetisie jaarlikse onder die provinsie se meisiehokkiespanne gehou om die beste in Limpopo te bepaal.
Die o.14-span het 3-2 teen Hoërskool Ben Vorster geseëvier terwyl die o.15-span 1-4 die onderspit teen dieselfde opponerende skool moes delf.
Die o.16- en eerstespan is outomaties as wenners aangewys nadat hulle teenstanders onttrek het.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!