Sport

Limpopo-skuts blink uit tydens nasionaal

Limpopo Provinsie Praktiese Skietassosiasie (LPPSA) het die naweek die nasionale praktiese geweerkampioenskappe aangebied en plaaslike skuts se vernuf het goeie resultate opgelewer. Skuts van regoor die land het in verskeie kategorieë met semi-outomatiese gewere en pompaksie haelgewere met mekaar meege­ding. Die Limpopospan wat uit Jan Bondesio, Tinus Botha, Paul Eksteen en Philip Smit bestaan het, …

Limpopo Provinsie Praktiese Skietassosiasie (LPPSA) het die naweek die nasionale praktiese geweerkampioenskappe aangebied en plaaslike skuts se vernuf het goeie resultate opgelewer.
Skuts van regoor die land het in verskeie kategorieë met semi-outomatiese gewere en pompaksie haelgewere met mekaar meege­ding.
Die Limpopospan wat uit Jan Bondesio, Tinus Botha, Paul Eksteen en Philip Smit bestaan het, het met die louere in die semi-outomatiese ope klas weggestap terwyl Rudi Kuschke, Ruben Rautenbach, Dion du Bruyn en Thinus Botha jr ander skuts in die pompaksie ope klas ore aangesit het.
Van die plaaslike skuts is ook as divisiewenners aangewys. Hulle is Tinus Botha jr in die pompaksie ope klas met Tarita Kuschke wat die eerste plek onder die vrouens in dieselfde klas ingepalm het.
Rudi Kuschke het ook goud in die pompaksie ope klas as algehele wenner verower.
Die kampioenskappe is van 11 tot 14 Julie op die skietbaan buite die stad gehou waar skuts op 14 bane met ‘n hoë moeilikheidsgraad mekaar die stryd aangesê het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Rudi Kuschke in aksie met ‘n semi-outoma­tiese geweer.
Tinus Botha brand los op die teikens.

Related Articles

Back to top button