Woord in Aksie se tienerkamp bied geestelike waarde

Die afgelope naweek se tienerkamp wat deur Woord in Aksie gehou is, was vir 58 tieners ‘n hoogtepunt wat hulle opnuut toegerus het vir die uitdagings van die nuwe skool­kwartaal. Die tieners se program was volgepak met interessante praatjies oor aktuele onderwerpe en het reeds Vrydagaand afgeskop met ‘n aanbieding oor die skeppingsdoel. Saterdag het …

Die afgelope naweek se tienerkamp wat deur Woord in Aksie gehou is, was vir 58 tieners ‘n hoogtepunt wat hulle opnuut toegerus het vir die uitdagings van die nuwe skool­kwartaal.
Die tieners se program was volgepak met interessante praatjies oor aktuele onderwerpe en het reeds Vrydagaand afgeskop met ‘n aanbieding oor die skeppingsdoel. Saterdag het besprekings oor identiteit, media en keuses hulle besig gehou tot hulle verdaag het vir springmielies. Onderwerpe soos Barometer vir my lyf, Hoe gebruik ek my Bybel en Die kruis het gesorg vir ‘n vol program wat met samesang, kleingroepiewegbreke en aanbidding afgewissel is. Sondag se eerste onderwerp was Heilige Gees en die verrigtinge is afgesluit met ‘n praatjie oor Dapperharte.
Organiseerder Debbie Dreyer sê dat die kamp ‘n sukses was en dat die getuienisse wat die tieners tydens die afsluiting gelewer het, daarop gedui het dat die geleentheid van groot waarde was.
Een van die tieners, Werner Pieterse sê dat hy die kamp baie geniet het en God se liefde beleef het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

JD Nortjé, Logan Swamers, Lené Viljoen, Werner Pieterse en Mickayla Mackie het die tienerkamp terdeë geniet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button