Ensemble Esprit gereed vir Messiasprojek

Polokwane se eie kamerkoor, Ensemble Esprit tree op 3 Augustus by die Hervormde Kerk Welgelegen op in ‘n Messiasfees wat beloof om ‘n hoogtepunt op die stad se kultuurkalender te wees. Woordvoerder van Ensemble Esprit, Ans Becker sê Handel se oratorium, die Messias, is een van die mees ikoniese klassieke koorwerke van alle tye is …

Polokwane se eie kamerkoor, Ensemble Esprit tree op 3 Augustus by die Hervormde Kerk Welgelegen op in ‘n Messiasfees wat beloof om ‘n hoogtepunt op die stad se kultuurkalender te wees.
Woordvoerder van Ensemble Esprit, Ans Becker sê Handel se oratorium, die Messias, is een van die mees ikoniese klassieke koorwerke van alle tye is en musiekliefhebbers in Polo­kwane gaan avanjaar die geleentheid gaan hê om uittreksels uit hierdie meesterwerk op eie bodem te beleef.
Die konsert word in samewerking met Cantamus Corde van Pretoria aangebied en in die voorprogram sal ‘n verskeidenheid klassieke werk uitgevoer word.
Cantamus Corde staan onder leiding van Surette Prinsloo en sal Vier Motette van die Walliese komponis, Karl Jenkins uitvoer. Die repertorium van Ensemble Esprit, onder leiding van Jannie Becker, sal gewyde sowel as ligter werke insluit.
Plaaslike kunstenaar, Renchia Grobbelaar sal die Messiaswerke begelei en die gehoor ook met haar vaardige vingers op die orrel vergas. “Dan sal ons ook die voorreg hê om die bekende dirigent van die UJ Universiteitskoor, Renette Bouwer, in ons midde te hê. Renette sal die gesamentlike koor dirigeer, en ook as solis optree. Sy sal twee sopraansolo’s uit Messias sing, sowel as Aan die Noordweste, ‘n pragtige sangsiklus van die bekende Chris Lamprecht,” sê Ans.
Ans kan by 082 457 8171 geskakel word vir meer besonderhede.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button