NewsSchools

Kruinies Rugbyklub steeds voorlopers in Boet Fickliga

Dit is ses uit ses vir Krui­nies Rugbyklub (KRC) nadat hulle Saterdag Letaba Rugbyklub 12-10 in vanjaar se Boet Fickliga geklop het en hulle tans die voorlopers in die derde liga is. KRC was onoorwonne in die afgelope ses wedstryde sedert die begin van vanjaar se Boet Fickliga. Volgens een van die afrigters, Blaar Swanepoel, …

Dit is ses uit ses vir Krui­nies Rugbyklub (KRC) nadat hulle Saterdag Letaba Rugbyklub 12-10 in vanjaar se Boet Fickliga geklop het en hulle tans die voorlopers in die derde liga is.
KRC was onoorwonne in die afgelope ses wedstryde sedert die begin van vanjaar se Boet Fickliga.
Volgens een van die afrigters, Blaar Swanepoel, het Letaba sedert die begin van die wedstryd dit duidelik gemaak dat hulle KRC wou onttroon deur die eerste vyf punte op die telbord te sit. Die tweede drie het ook aan Letaba behoort, maar hul skopper kon nie met een doelskop slaag nie wat die halftydtelling tot op 10-0 in Letaba se guns gebring het.
KRC se hoofafrigter, Dawie Marais het halftyd hard met die manne gepraat en ‘n paar ver­anderings aan die span aangebring. KRC se spel het drasties verander en balbesit was in hul guns totdat Wouter Bedenhorst die span se eerste drie kon druk en Jeandré du Plessis se doelskop vir ‘n ekstra twee punte gesorg het.
Vyf minute voor die eindfluitjie het KRC verskeie aanvalle op Letaba se verdediging geloods en Tertius de Plessis die kans gebruik om agter die pale te gaan kuier en die eindtelling is op 12-10 in KRC se guns beslis.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button