NewsSchools

Een gesin, twee hoofmeisies

Chantel Wreyford is Laerskool Pietersburg se nuwe hoofmeisie en haar suster, Monique, is aangewys as Hoërskool Pietersburg se hoofmeisie.

POLOKWANE – Twee susters van die stad staan hulle plekke vol by hul onderskeie skole en beide is onlangs aangewys as hul skole se hoofmeisies vir volgende jaar.

Chantel Wreyford is Laerskool Pietersburg se nuwe hoofmeisie en haar suster, Monique, is aangewys as Hoërskool Pietersburg se hoofmeisie.

Monique was ook in 2010 hoofmeisie van Laerskool Pie-tersburg.

Dr. Adrian Wreyford, hierdie twee meisies se pa, sê hy is baie trots op sy dogters.

“Hulle het ‘n oulike ma en aard na haar. Ek glo hulle sal nog baie sukses behaal.

“My kinders is lief vir die Here en met die hulp van die skole en onderwysers presteer hulle so goed,” sê hy.

Hy het gesê mense onderskat dikwels die skole van Polokwane, maar dat die skole besondere goeie werk doen om leerders voor te berei vir die toekoms.

“Aan die einde van elke jaar kan mens sien hoeveel jou kind op alle vlakke gegroei het.”

Related Articles

Back to top button