VLU Finesse leer meisies vaardighede

Nie net om hulle besig te hou gedurende die lang skoolvakansie nie, maar ook om hulle verskeie kunstige vaardighede te leer het die Vroue Landbou-unie (VLU) Finesse aandtak vandeesweek ‘n kursus vir meisies in die stad aangebied. Volgens die aandtakvoorsitter, Erina Becker is daar 27 meisies tussen die ouderdom van vyf en 13 jaar wat …

Nie net om hulle besig te hou gedurende die lang skoolvakansie nie, maar ook om hulle verskeie kunstige vaardighede te leer het die Vroue Landbou-unie (VLU) Finesse aandtak vandeesweek ‘n kursus vir meisies in die stad aangebied.
Volgens die aandtakvoorsitter, Erina Becker is daar 27 meisies tussen die ouderdom van vyf en 13 jaar wat die twee dae kursus bygewoon het.
Die jong klomp was baie opgewonde en het onder andere koekies versier, badsoutballe, papierblomme, reënboogbroodjies en boekmerke gemaak terwyl die Diamond Dot groot konsentrasie geverg het om prentjies te maak deur klein gekleurde steentjies te plak.
Becker het alle belangstellende vroue na die VLU aandtak se maandelikse vergadering, wat elke derde Maandag van die maand by die Hervormde Kerk in Betzstraat gehou word, genooi. Sy kan ook by 082 924 9012 geskakel word.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kiara van Dyk plak gekleurde steentjies om ‘n prentjie te vorm.
Antoné Muller word deur Darleen Beytendag bygestaan om papierblomme te maak.

Related Articles

Back to top button