Local NewsNews

Deidre Carter bestuur nou Limpopo Landbou

Deidre Carter, voormalige Congress of the People (Cope) parlementslid en hoofsweep van dié party vir die afgelope vyf jaar, het Maan­dag die leisels van uitvoerende bestuurder van Limpopo Landbou (voorheen Agri Limpopo) by Willem van Jaarsveld oorgeneem. Carter is ‘n gesoute politikus en was sedert 2008 adjunk sekretaris van die party terwyl sy ook as …

Deidre Carter, voormalige Congress of the People (Cope) parlementslid en hoofsweep van dié party vir die afgelope vyf jaar, het Maan­dag die leisels van uitvoerende bestuurder van Limpopo Landbou (voorheen Agri Limpopo) by Willem van Jaarsveld oorgeneem.
Carter is ‘n gesoute politikus en was sedert 2008 adjunk sekretaris van die party terwyl sy ook as sekretaris en tesourier waargeneem het. Gedurende haar parlementêre loopbaan het sy wye blootstelling aan die landbousektor gehad en ‘n aanvoeling vir die omstandighede van boeregemeenskap ontwikkel toe sy van 2009 tot 2014 in die landboukomitee gedien het.
Carter sê dat sy in 2008 verkeerdelik met pankreaskanker gediagnoseer is en daarna besluit het om ‘n verskil in ander se lewens te maak en tot die politiek toegetree het. “Ek het nie ‘n mediese fonds gehad nie en het in ‘n staatshospitaal beland waar ek besef het dat daar baie te doen is om mense se omstandighede te verbeter en het die politiek as ‘n geleentheid gesien om ‘n verskil te maak,” vertel sy.
“Ek is eerder ‘n aktivis as ‘n politikus en het besluit om ‘n loopbaanver­andering te maak. Ek gaan my daarvoor beywer om brûe te bou deur dadelik noue skakeling tussen burgerlike organisasies en die boerderygemeenskap te bevorder. Ek gaan my toespits op veiligheid, paaie, arbeid, samewerking op provinsiale en munisipale vlak en die artikel 25-kwessie en onnodige heffing van grond­belasting op boere.

Storie & foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button