Sport

Groot rugby die Saterdag by Noordelikes

Die jaarlikse Boet Fickliga is goed op dreef en rugbyklubs regoor die provinsie spook steeds sake uit in die hoop op ‘n plek in die finaal later vanjaar. Rugbyliefhebbers word genooi om PanSolutions Noordelikes te ondersteun wanneer hulle Saterdag op hul tuisveld in Ladanna teen Louis Trichardt Rugbyklub kragte sal meet. Die derdespan begin om …

Die jaarlikse Boet Fickliga is goed op dreef en rugbyklubs regoor die provinsie spook steeds sake uit in die hoop op ‘n plek in die finaal later vanjaar.
Rugbyliefhebbers word genooi om PanSolutions Noordelikes te ondersteun wanneer hulle Saterdag op hul tuisveld in Ladanna teen Louis Trichardt Rugbyklub kragte sal meet.
Die derdespan begin om 15:00 met die tweedespan wat om 16:00 afskop. Die hoofwedstryd tussen die twee klubs se eerstespanne begin om 17:30.
Toegang beloop R20 per persoon en verversings word ook te koop aangebied.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button