Sport

Vanjaar se Bosveld Intervarsity uitgestel

Die jaarlikse Bosveld Intervarsity tussen Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat op 13 Julie by Pieties aangebied sou word, is vir eers op ys alhoewel die voorafgaande weekprogram steeds voortgaan. Dié Saterdag se groot rugbykragmeting moes gekanselleer word as gevolg van die Virsekerbeker-reeks se Afdeling 3-finaal wat ook op dieselfde dag …

Die jaarlikse Bosveld Intervarsity tussen Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat op 13 Julie by Pieties aangebied sou word, is vir eers op ys alhoewel die voorafgaande weekprogram steeds voortgaan.
Dié Saterdag se groot rugbykragmeting moes gekanselleer word as gevolg van die Virsekerbeker-reeks se Afdeling 3-finaal wat ook op dieselfde dag plaasvind waarin Tommies moet deelneem.
Gedurende die week se program wat op Dinsdag 9 Julie reeds begin sal die twee skole se sokker-, hokkie- en netbalspanne mekaar aandurf. Woensdag kry die skaakspelers ‘n beurt om mekaar om die skaakbord die stryd aan te sê terwyl die skeie ook die middag gaan klap. Die aand gaan leerkragte koppe op die rolbalbaan stamp.
Die program vir Donderdag sluit boogskiet en gholf tussen die manspersoneel in terwyl PHS Vrydag hul gholfdag aanbied saam met ‘n vertoning van bekende Afrikaanse sangers Jay en Leanie May.
Sodra ‘n datum vir Saterdag se program beskikbaar is sal dit bekendgemaak word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button