NewsSchools
Herfsdag met mooi kostuums, eetgoed gevier
Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het Vrydag meer geleer van die seisoene tydens ‘n herfsdagviering wat by die skool gehou is. Interessante kostuums wat die herfstema uitgebeeld het, het kleur aan die geleentheid verleen terwyl die kleuters elkeen nadergestaan het om ‘n stukkie van ‘n spesiale herfskoek wat deur die personeel versier is, …
Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het Vrydag meer geleer van die seisoene tydens ‘n herfsdagviering wat by die skool gehou is.
Interessante kostuums wat die herfstema uitgebeeld het, het kleur aan die geleentheid verleen terwyl die kleuters elkeen nadergestaan het om ‘n stukkie van ‘n spesiale herfskoek wat deur die personeel versier is, te kry. Koffie, ‘n sjokolademoutdrankie en warm sjokolade met malvalekkers het die fees afgerond.
Skoolhoof Monica Strauss het gesê dat die herfsfees vanjaar vir die 20ste keer aangebied is en dat ‘n hele week elke jaar afgestaan word om die kleuters oor seisoene in te lig.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.