Wiele 500 se damestee gee gestremdes ‘wiele-bene’

Wiele 500 se jaarlikse damestee wat Saterdag­oggend by Grin Court aangebied is, was ‘n uithanggeleentheid en die span van De Bruin Oberholzer Prokureurs is as die besgeklede groep aangewys. Die tema van die geleentheid was Marokkaans en die optredes van gaskunstenaars Jakkie Louw en Louis Loock het tot die sukses van die funksie bygedra. Mathys …

Wiele 500 se jaarlikse damestee wat Saterdag­oggend by Grin Court aangebied is, was ‘n uithanggeleentheid en die span van De Bruin Oberholzer Prokureurs is as die besgeklede groep aangewys. Die tema van die geleentheid was Marokkaans en die optredes van gaskunstenaars Jakkie Louw en Louis Loock het tot die sukses van die funksie bygedra.
Mathys Roets is Wiele 500 se ambassadeur en volgens trustee Michelle Engelbrecht is Wiele 500 ‘n trust wat gestig is om mense met ‘n behoefte aan ‘wiele’ oftewel rolstoele en wat nie vir staatshulp kwalifiseer nie, by te staan. “Ons doel is om die lewenskwaliteit van daardie ‘wiele-bene’-gevalle wat die wil het om ‘n bydrae tot die samelewing te lewer, te bevorder,” het Engelbrecht verduidelik. Wiele 500 is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en die ander trustees is Joria Alberts en Tumelo Magwai.
Die hoofborge was Exclusive Properties, Freshwell en Zoerdoef en meer as 20 ander het ook bydraes gemaak.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Gaskunstenaars Louis Loock en Jakkie Louw geniet die ete wat by Wiele 500 se damestee bedien is.
Wiele 300 ondersteuner Pieter Bornman, gaskunstenaar Jakkie Louw en Melissa Oosthuizen, een van die organiseerders van die damestee.
Die span van C J Makelaars, Joené Pieterse, Sophia Wepener, Ronel Coetzee en Hettie Halgryn, voor, met Jenna Halgryn, Rinette la Grange, Lizelda Pretorius, Megan Smith en Leverne Badenhorst, agter.
Gaskunstenaar Louis Loock tree by die damestee op.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button