Tafelronde se R5-projek suksesvol geloods

Lede van Tafelronde 157 Impala het Vrydagaand ‘n suksesvolle veldtog by Cycad winkelsentrum geloods om niebederfbare kos vir instansies wat hulle vir die welsyn van ander beywer, in te samel. Verbygangers by die ingang van Pick n Pay Cycad het elkeen ‘n R5-muntstuk ontvang en is gevra om iets daarby te voeg en daarmee ‘n …

Lede van Tafelronde 157 Impala het Vrydagaand ‘n suksesvolle veldtog by Cycad winkelsentrum geloods om niebederfbare kos vir instansies wat hulle vir die welsyn van ander beywer, in te samel.
Verbygangers by die ingang van Pick n Pay Cycad het elkeen ‘n R5-muntstuk ontvang en is gevra om iets daarby te voeg en daarmee ‘n bydrae vir dié goeie doel te koop en in trollies wat voorsien is, te plaas. Die gedagte is goed ontvang en daar was gou ‘n paar trollies vol blikkies. Projekkoördineerder Johan Prinsloo het verduidelik dat die Tafelronde jaarliks meer as een soortgelyke insameling aanpak en dat dit altyd ‘n sukses is. “Die kos sal aan verskeie ouetehuise in Polokwane en Seshego uitgedeel word en Meals on Wheels en die plaaslike shelters sal ook daarin deel,” sê Prinsloo.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

René Potgieter en Johan Prinsloo by die trollies waarin kos geplaas is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button