Local NewsNews

Vryheidsfront Plus lig kiesers in oor party se manifes

Suid-Afrikaners moet op stemdag terug­slaan teen die huidige regering omdat die huidige staatsbestel niks goeds inhou vir die land se toekoms nie, was die boodskap van Vryheidsfront Plus (VF Plus) leier, Pieter Groenewald toe hy onlangs ‘n openbare vergadering by Koraal Aftree-oord toegespreek het. “Meer as 17 miljoen Suid-Afrikaners is tans afhanklik van maatskaplike toelae. …

Suid-Afrikaners moet op stemdag terug­slaan teen die huidige regering omdat die huidige staatsbestel niks goeds inhou vir die land se toekoms nie, was die boodskap van Vryheidsfront Plus (VF Plus) leier, Pieter Groenewald toe hy onlangs ‘n openbare vergadering by Koraal Aftree-oord toegespreek het.
“Meer as 17 miljoen Suid-Afrikaners is tans afhanklik van maatskaplike toelae. Daar is meer mense afhanklik van hierdie toelae as wat daar Suid-Afrikaners is wat werk het. Hierdie onvolhoubare afhanklikheid het tussen 2001 en 2016 met 328% toegeneem,” het Groenewald uit die party se verkiesingsmanifes aangehaal.

VF Plus-leier Pieter Groenewald spreek belangstellendes toe by die party se openbare vergadering.

“Regstellende aksie, kwotas en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) word al hoe strenger toegepas. Rasgebaseerde aanstel­lings en kwotas bedreig ekonomiese vryheid en reduseer aanstellingskriteria tot slegs ras, waar kundigheid, vermoë en ervaring nie in ag geneem word nie,” het Groenewald verduidelik. “Ons benodig dringend ‘n nuwe staatkundige bestel waarin erkenning gegee word aan die diversiteit van Suid-Afrika as die ware boublokke van ‘n ware eenheid in diversiteit. ‘n Bestel gebou op respek vir mekaar, sonder diskriminasie en rassisme, met gelyke geleenthede, maar met erkenning van elkeen se eie, sowel as die gemeenskaplike. Dus ’n bestel waarin die korrekte vorme van selfbeskikking toegepas word.”

Storie & foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button