Sport

Skryf nou in vir Mall of the North Marathon

Daar heers reeds groot opgewondenheid oor vanjaar se Mall of the North Marathon wat op 30 Maart by dié inkopiesentrum se parkeerterrein aangebied word. Sentrumbestuur, borge en atlete sien reeds uit na ‘n dag vol pret vir minder-ernstige atlete terwyl dit ook die ideale platform vir professionele atlete sal bied omdat dié wedloop as ‘n …

Daar heers reeds groot opgewondenheid oor vanjaar se Mall of the North Marathon wat op
30 Maart by dié inkopiesentrum se parkeerterrein aangebied word.
Sentrumbestuur, borge en atlete sien reeds uit na ‘n dag vol pret vir minder-ernstige atlete terwyl dit ook die ideale platform vir professionele atlete sal bied omdat dié wedloop as ‘n kwalifi­serende wedloop vir die Comrades Marathon dien. Die Mall of the North Marathon is een van die gewildste wedlope wat jaarlikse duisende atlete lok en word deur baie as een van die veiligste beskou omdat die roete heeltemal vir verkeer gesluit word. Atlete spring by die sentrum weg en hardloop met die Modjadjis­kloofpad langs en kom met dieselfde roete terug. Waterpunte is ongeveer elke 2,5 km beskikbaar om atlete te ondersteun en te sorg dat hulle genoeg water inneem.
Aanlyninskrywings kan by www.entrytime.com gedoen word. Atlete wat aanlyn vir die
42,2 km en 21,1 km inskryf sal ‘n komplimentêre t-hemp ontvang. Atlete wat vir die 10 km en
5 km inskryf kan aanlyn teen ‘n addisionele koste van R120 ook ‘n t-hemp aankoop.
Inskrywingsfooie vir die onderskeie wedlope is R240, R180, R80 en R40 en ‘n tydelike lisensie kan teen R30 aangekoop word. Atlete in die
5 km pretdraf het nie ‘n lisensie nodig nie.
Vir dié wat nie aanlyn kan inskryf nie, is daar ook ander geleenthede. Inskrywings kan van
22 tot 29 Maart vanaf 11:00 tot 18:00 by die sentrum se inligtingstoonbank naby Game gedoen word. Daar sal op die dag van die wedloop vanaf 04:00 tot 05:50 ook geleentheid vir inskrywings gegun word voordat die eerste atlete om 06:00 wegspring. Vir meer inligting skakel 072 149 2674 of 084 400 6667 of stuur ‘n epos na polokwaneac@yahoo.com.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button