BusinessNews

Landbou bekommerd oor volhoubaarheid van produksie

Die georganiseerde landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die volhoubaarheid van landbouproduksie en beoog om daaroor met die Vereniging van Banke van Suid-Afrika (Basa) in gesprek te tree. “Ons is baie bekommerd oor die gure en langdurige finansiële omstandighede waaronder heelwat van ons landbouers gebuk gaan,” sê Louis Meintjies, president van TLU SA. Daar is …

Die georganiseerde landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die volhoubaarheid van landbouproduksie en beoog om daaroor met die Vereniging van Banke van Suid-Afrika (Basa) in gesprek te tree.
“Ons is baie bekommerd oor die gure en langdurige finansiële omstandighede waaronder heelwat van ons landbouers gebuk gaan,” sê Louis Meintjies, president van TLU SA. Daar is die laaste paar jaar in veral sekere distrikte deurlopend uiterse klimatologiese omstandighede wat die winsgewendheid van die produsent onder hewige druk plaas,” sê Meintjes in ‘n mediavrystelling.
Hy sê voorts dat die land besig is om van die beste landbouers in die wêreld af te staan as gevolg van hierdie omstandighede wat heeltemal buite hulle beheer is.
“Die wyse waarop landbou gestruktureer is bring mee dat die risiko van die produksieproses grootliks rondom die primêre produsent, die boer gesentreer is,” verduidelik hy. “Hulle moet hulle grond as sekuriteit beskikbaar stel ten einde finansiering te bekom. Indien daar as gevolg van byvoorbeeld droogte nie ‘n opbrengs is nie, dra hulle egter alleen die risiko. Na ‘n paar jaar se misoeste word die situasie vir boere onhoudbaar. Hulle bly in die skuld by die verskillende finansiële instellings en insetmaatskappye.”
“TLU SA is van mening dat die hele waardeketting op ‘n ander wyse in die risiko behoort te deel,” sê Meintjes en voeg by dat so ‘n ooreenkoms in goeie tye tot die voordeel van elke skakel in die produksieproses kan strek terwyl dit in swaar tye sal meehelp om die landbouer in produksie te hou.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button