NG Moedergemeente se vleisspan reg vir basaar

‘n Span flukse gemeentelede van die NG Moedergemeente Pietersburg is reeds van verlede Woens­dag druk besig om meer as 2 000 kg vleis te verwerk vir Saterdag se basaar wat op die kerkterrein op die hoek van Biccard en Groblerstraat gehou word. Die wors, gemaalde vleis, droëwors en biltong wat elke jaar gemaak word met …

‘n Span flukse gemeentelede van die NG Moedergemeente Pietersburg is reeds van verlede Woens­dag druk besig om meer as 2 000 kg vleis te verwerk vir Saterdag se basaar wat op die kerkterrein op die hoek van Biccard en Groblerstraat gehou word.
Die wors, gemaalde vleis, droëwors en biltong wat elke jaar gemaak word met leraar Deon Haumann aan die stuur, het al so gewild geword dat ‘n deel van die heerlike eetgoed reeds teen Maandag verkoop was.
“Daar sal egter nog genoeg oor wees vir Saterdag en kopers word aangeraai om reeds teen 07:00 hul opwagting by die kerk te maak aangesien die vleis verlede jaar sommer vroeg uitverkoop was,” sê Haumann.
Vyf beeste, ‘n vark, koedoe en blouwildebees word gebruik om die regte mengsel te verkry en ‘n voorraad biltong het reeds Maandag aan die vleiskamer se hake gehang om winddroog te word.
‘n Heerlike ontbyt word vanaf 08:00 teen slegs R30 per persoon aangebied en stalletjies met tuisgebak, handwerk, groente en vrugte en speletjies sal onder meer sorg dat die basaar ‘n plesierige kuierplek word.
Die werkers het teen 13:00 Maandag die messe vir ‘n wyle opsygesit om Sophia de Swardt, ‘n werker wat al jare haar plek in die vleiskamer vol staan, se 83ste verjaardag te vier.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button