NewsSchools

Kruinies wys Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste aan

Dit is weer daardie tyd van die jaar vir Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste om moue op te rol wanneer hulle as deel van dié geleentheid gaan uitreik na die gemeenskap. Die finaliste is tydens die skool se onlangse Valentynsbal aangewys. Kruinies poog om jaarliks ‘n verskil in die gemeenskap te maak in aanloop tot die …

Dit is weer daardie tyd van die jaar vir Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste om moue op te rol wanneer hulle as deel van dié geleentheid gaan uitreik na die gemeenskap.
Die finaliste is tydens die skool se onlangse Valentynsbal aangewys.
Kruinies poog om jaarliks ‘n verskil in die gemeenskap te maak in aanloop tot die kroning wat vanjaar vir 12 September beplan word.
Finaliste raak gewoonlik gedurende die jaar by instansies soos die Dierebeskermingsvereniging (DBV), ouetehuise, kinderhuise, minderbevoorregtes en selfs skole betrokke en lewer bydraes op verskillende maniere.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button