Gewilde rolprent STROOP volgende Vrydag in stad

Die internasionaalbekroonde Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent STROOP (Journey into the Rhino Horn War) word volgende Vrydag om 17:00 in die teater van Mitchell House vertoon en dié twee-uurlange meesterstuk handel oor renosters, hulle bewaring en stroping. Die fliek het meer as twee en ‘n half jaar geneem om te voltooi en vervaardiger, Bonné de Bod, wat …

Die internasionaalbekroonde Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent STROOP (Journey into the Rhino Horn War) word volgende Vrydag om 17:00 in die teater van Mitchell House vertoon en dié twee-uurlange meesterstuk handel oor renosters, hulle bewaring en stroping.
Die fliek het meer as twee en ‘n half jaar geneem om te voltooi en vervaardiger, Bonné de Bod, wat ook een van die aanbieders van die gewilde TV-programme, Veldfokus en 50/50 is, bring in dié rolprent besoeke aan Suid-Afrikaanse nasionale parke, wildreser­vate, plase, hospitale en selfs aan Asië om die renosterslopingskandaal oop te vlek en oplossings te soek. De Bod het Sondagaand in ‘n onderhoud op Kwêla verskyn en Susan Scott van Nat Geo is die mede-vervaardiger van STROOP.
STROOP het verskeie toekennings ontvang en is tydens die San Diego Internasionale Rolprentfees in Oktober verlede jaar as die Beste Dokumentêre Rolprent bekroon.
Kaartjies kos R70 per persoon en is kan op webticket gekoop word. Die opbrengs gaan aan renosterbewaring en slegs 200 sitplekke is beskikbaar.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button