NewsSchools

Jacques Bartlett op pad na Amerika

Pietersburg Laerskool se operasionele hoof, Jacques Bartlett, is een van ses skoolhoofde in die land en die enigste een in Limpopo wat deur Solidariteit gekies is om volgende maand ‘n leierskapstoer in die Verenigde State van Amerika (VSA) mee te maak. Die toer word onder leiding van Solidariteit se uitvoerende hoof: skole-ondersteuning, Danie Brink aangebied …

Pietersburg Laerskool se operasionele hoof, Jacques Bartlett, is een van ses skoolhoofde in die land en die enigste een in Limpopo wat deur Solidariteit gekies is om volgende maand ‘n leierskapstoer in die Verenigde State van Amerika (VSA) mee te maak.
Die toer word onder leiding van Solidariteit se uitvoerende hoof: skole-ondersteuning, Danie Brink aangebied en vorm deel van die leierontwikkelingsprogram wat deur die organisasie se skole-ondersteuningsentrum geloods word.
Volgens beplanning sal die hoofde van 15 tot 25 Maart verskeie state in die VSA besoek en ‘n intense program met betrekking tot onderwys- en skoolgerigte leierskapsontwikkeling volg. Gedurende die toer sal ‘n verskeidenheid uitdagings soos verstedeliking en ontvolking van die platteland, die skaarste van gehalte onderwysers, effektiewe afstandsonderrig, die jongste opvoedkundige tegnologie en moedertaalonderrig bespreek word.
Bartlett is baie opgewonde en voel geëerd om deel van die toer te wees, maar hy is meer opgewonde oor wanneer hy terugkom. “Ek kan nie wag om terug te kom en Pietersburg Laerskool op die voorpunt van vars ontwikkeling in Christelike onderrig te plaas nie,” sê hy.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button