NewsSchools

Pieties-atlete vaar goed tydens Top 10 skolebyeenkoms

Hoërskool Pietersburg (PHS) was goed verteenwoordig tydens vanjaar se Top 10 Skole Atletiekbyeenkoms wat verlede Woensdag by die Universiteit van Pretoria gehou is. Die byeenkoms sorg vir groot opwinding as gevolg van die streng kompetisie van die land se top skole wanneer dit by atletiek kom. Pieties-atlete het welverdien­de plekke ingepalm. Alida du Preez, o.19, …

Hoërskool Pietersburg (PHS) was goed verteenwoordig tydens vanjaar se Top 10 Skole Atletiekbyeenkoms wat verlede Woensdag by die Universiteit van Pretoria gehou is.
Die byeenkoms sorg vir groot opwinding as gevolg van die streng kompetisie van die land se top skole wanneer dit by atletiek kom.
Pieties-atlete het welverdien­de plekke ingepalm. Alida du Preez, o.19, verwerf ‘n tweede en vierde plek in 400 m-hekkies en 400 m onderskeidelik. Cor Müller, o.16, verwerf ‘n bronsmedalje in die 400 m-hekkies terwyl Marcelle de Jager, o.19, met ‘n afstand van 5,69 m ‘n goue medalje in verspring inpalm.
Die o.17-atleet, Chinique Brown verwerf goud in die 200 m en haar tyd van 24,41 sekondes besorg haar ook die titel as nuwe rekordhouer van dié item.
Sy het verder ook silwer in die 100 m verwerf.
Rinelda van der Linde, o.16, het behoorlik spiere by die gewigstoot gebult en goud verwerf met ‘n afstand van 13,93 m.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Marcelle de Jager, o.19, in aksie met die verspring waarin sy goud verwerf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button