NewsSchools

Ouers woon oueraand by, kleuters betuig meegevoel met Driehoek-leerders

Die belangstelling in die aktiwiteite van Werk en Wen Pre-primêre Skool het verlede Donderdagaand duidelik na vore gekom toe ‘n groot groep ouers by Pietersburg Laerskool opgedaag het vir die eerste oueraand van die jaar. Onderwysers het die geleentheid benut om die ouers in te lig oor onderwerpe soos Higiëne in die Skool, Persepsies en …

Die belangstelling in die aktiwiteite van Werk en Wen Pre-primêre Skool het verlede Donderdagaand duidelik na vore gekom toe ‘n groot groep ouers by Pietersburg Laerskool opgedaag het vir die eerste oueraand van die jaar.
Onderwysers het die geleentheid benut om die ouers in te lig oor onderwerpe soos Higiëne in die Skool, Persepsies en Beweging en Musiek en ‘n interessante skyfie­vertoning oor kuns en skeppende aktiwiteite is met belangstelling gevolg.
Tyd is ook ingeruim vir ouers om die leerkragte te ontmoet en die aanpassing van hul kleuters te bespreek.
Skoolhoof, Monica Strauss het gesê dat sy baie trots is op die skool se wenspan en dat hulle van krag tot krag gaan. “Ons het ook nou ‘n peutergroep wat as voe­dingsgebied vir die skool kan dien. Ons konsentreer reeds op ‘n vroeë stadium daarop om die peuters se sintuie in ‘n sensoriese omgewing te ontwikkel.”
Sjokolade in pers omhulsels en geel jellie is Vrydagoggend aan die kleuters uitgedeel nadat Strauss hulle vertel het van die treurspel wat onlangs by Hoërskool Driehoek afgespeel het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Kleuters en leerkragte van Werk en Wen Pre-primêre Skool vorm ‘n driehoek van glasies met geel
Werk en Wen Pre-primêre Skool se interessante uitstallings by die oueraand.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button