Sport

Gemengde welslae vir PHS-krieketspanne

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15A- en eerstekrieketspan wat tans aan die Finsbury-reeks deelneem het die naweek kragte met Hoërskool Montana gemeet. Die eerstespan het die voordeel van hul tuisveld goed benut, eerste veldwerk gedoen en Montana vir 170 lopies in 41 beurte uitgehaal. Tydens Pieties se beurt voor die paaltjies haal hulle Montana se telling …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15A- en eerstekrieketspan wat tans aan die Finsbury-reeks deelneem het die naweek kragte met Hoërskool Montana gemeet.
Die eerstespan het die voordeel van hul tuisveld goed benut, eerste veldwerk gedoen en Montana vir 170 lopies in 41 beurte uitgehaal. Tydens Pieties se beurt voor die paaltjies haal hulle Montana se telling binne 37,3 beurte met vyf paaltjies staande in.
Die o.15A-span se wedstryd by Montana het nie so goed verloop nie. Dié span het ook eerste veldwerk gedoen met Montana wat 226 lopies in 50 beurte aanteken. Montana se aanval was te sterk vir die Pieties en hulle kon slegs 179 lopies almal uit bymekaar maak.
Die twee spanne speel Saterdag teen Hoërskool Kemptonpark.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerstespanspelers Wian Kruger en paaltjiewagter Bart Oerlemans van PHS in aksie agter die paaltjies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button