Sport

Reën kniehalter wedstryd vir PHS-krieketspelers

Die Finsbury-reeks is goed op dreef in die nuwe skooljaar en Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Monument het Saterdag kragte gemeet. Die eerstespanne het op Pieties se tuisveld gespeel, maar die twee spanne moes die punte deel nadat swaar reën die spel belemmer het. Die o.15-span het hul staal op Monnas se veld gaan wys, …

Die Finsbury-reeks is goed op dreef in die nuwe skooljaar en Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Monument het Saterdag kragte gemeet.
Die eerstespanne het op Pieties se tuisveld gespeel, maar die twee spanne moes die punte deel nadat swaar reën die spel belemmer het.
Die o.15-span het hul staal op Monnas se veld gaan wys, maar kon nie daarin slaag om hul opponente ore aan te sit nie. Monnas het eerste gekolf en 162 lopies aangeteken.
Tydens Pieties se beurt voor die paaltjies kon hulle slegs 105 lopies almal uit aanteken en verloor die wedstryd met 55 lopies.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button