BREAKING NEWS – Inligtingsdag oor bek-en-klouseer eerskomende Woensdag

Ter ondersteuning van die staat se pogings om die verloop en gevolge van die voorkoms van bek-en-klouseer (BKS) buite die beheerde gebied van BKS effektief te bestuur en onder beheer te hou, bied die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) en die Nasionale Bedryfsorganisasie vir Rooivleisprodusente (RPO en RPO Limpopo) eerskomende Woensdag om 08:00 ‘n inligtingsdag oor BKS …

Ter ondersteuning van die staat se pogings om die verloop en gevolge van die voorkoms van bek-en-klouseer (BKS) buite die beheerde gebied van BKS effektief te bestuur en onder beheer te hou, bied die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) en die Nasionale Bedryfsorganisasie vir Rooivleisprodusente (RPO en RPO Limpopo) eerskomende Woensdag om 08:00 ‘n inligtingsdag oor BKS by Adam’s Apple Hotel and Conference Centre buite Makhado aan.
Die inligtingsdag het ten doel om belanghebbendes volledig in te lig oor die huidige situasie, beplande hanteringsmeganismes en die verantwoordelikhede van rolspelers op die pad na die herstel van Suid-Afrika se uitvoerstatus.
Toegang is gratis en ‘n paneel van kundiges sal vrae uit die gehoor beantwoord.
Navrae kan aan Willem van Jaarsveld, voorsitter van die LDGF by 082 451 7913 of Gerhard Schutte, hoof uitvoerende beampte van die RPO by 082 556 7296 gerig word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button